Sportorganiseerder: Lanie Steenkamp
Sport speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van ons leerders, nie net fisies nie, maar ook sosiaal en emosioneel. By ons skool glo ons daarin om elke leerder die geleentheid te gee om hul talente te ontdek en te ontwikkel deur deelname aan verskeie sportsoorte.
Deur sport leer leerders waardevolle lewensvaardighede soos spanwerk, dissipline, deursettingsvermoë en respek. Ons is trots op die entoesiasme en sportgees wat ons leerders week na week op die veld en baan toon.
Ons moedig alle ouers en gemeenskapslede aan om betrokke te raak en ons spanne te ondersteun. Saam bou ons nie net sterk sportspanne nie, maar ook selfversekerde en gebalanseerde jongmense.
Kom ondersteun ons en wees deel van die trots!








Buite Skoolsport
Ons kinders neem deel aan allerhande sport en kultuuraktiwiteite
buite skoolverband en presteer absoluut puik!
Ons hou daarvan om te spog oor ons kinders, of hul nou volkspele, dans, ballet, motorfiets jaag, uithouritte doen of selfs visvang.


