By Jacobsdal Primêr streef ons na gehalte-onderrig en om alle leerders maksimaal te ontwikkel.
Assessering vind deurlopend plaas en aan die begin van elke kwartaal word ‘n verslag aan die ouers uitgereik. Assesseringsdatums vir elke kwartaal word ook aan die begin van ‘n kwartaal op dié webtuiste geplaas in die vorm van 'n kwartaalprogram.
Nuwe leerders word getoets en indien nodig, skakel hulle by die RO-klasse in vir hulp, of die SO-klas (Wiskunde en Afrikaans Gr. 4 en 5). Didaktiese hulp word ook deurlopend deur die leerkragte vir alle leerders aangebied. Ons is ook bevoorreg om ‘n Inklusiewe Klas te hê, waar ons spesiale kinders kan akkommodeer.
Klasse is verdeel en is nie groter as 25 leerders in ‘n klas nie. Ondersteunings leerders word elke jaar weer ge-evalueer vir opvolg ondersteuning in komende jaar.

‘n Goed toegeruste mediasentrum is tot die leerders se beskikking om navorsing te doen óf om net lekker te lees.
